Fotokuns - Kreatiewe maniere om jou foto's uit te stal (Paperback)


Foto's het nog altyd sterk emosies ontlok - spesiale herinnerings wat op kamera vasgele word, het hul eie besondere bekoring. Daardie bekoring kan egter slegs met ander gedeel word as die foto's uitgestal word. En daarvoor bestaan daar veel meer moontlikhede as om hulle bloot in 'n album te sit of in 'n raam op te hang. Hierdie boek bevat meer as 75 idees om jou foto's op aantreklike en interessante maniere te vertoon. Dit is die resultaat van baie proefskote en eksperimentering. Sommige van die projekte is funksioneel en dekoratief, en ander weer heerlik prettig. Almal het egter een ding in gemeen: die kreatiewe gebruik van foto's, en wat jy ook al byderhand het om dit mee te versier. Basisse sluit in skilderdoek, glas, porselein en keramiek, hout en harde bord, lap, kerse en vloerlyste. Daar is trouens bitter min oppervlakke wat nie op een of ander manier met foto's bedek kan word nie. Verskeie tegnieke word gebruik, waaronder verskillende oordragmetodes, decoupage, fotomontage en hars-deklae. Gebruik die idees om jou foto's in persoonlike geskenke te omskep deur alledaagse artikels daarmee te versier, of om treffende dekoritems vir jou huis te maak. Wanneer jy eers begin, sal jy dalk nie weer wil ophou nie! Die stap-vir-stap-illustrasies en aantreklike foto's van die voltooide projekte sal jou leer en inspireer. Gee dus jou skeppendheid vrye teuels en vul jou lewe met jou spesiale oomblikke.

R75
List Price R95
Save R20 21%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles750
Delivery AdviceShips in 5 - 10 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Foto's het nog altyd sterk emosies ontlok - spesiale herinnerings wat op kamera vasgele word, het hul eie besondere bekoring. Daardie bekoring kan egter slegs met ander gedeel word as die foto's uitgestal word. En daarvoor bestaan daar veel meer moontlikhede as om hulle bloot in 'n album te sit of in 'n raam op te hang. Hierdie boek bevat meer as 75 idees om jou foto's op aantreklike en interessante maniere te vertoon. Dit is die resultaat van baie proefskote en eksperimentering. Sommige van die projekte is funksioneel en dekoratief, en ander weer heerlik prettig. Almal het egter een ding in gemeen: die kreatiewe gebruik van foto's, en wat jy ook al byderhand het om dit mee te versier. Basisse sluit in skilderdoek, glas, porselein en keramiek, hout en harde bord, lap, kerse en vloerlyste. Daar is trouens bitter min oppervlakke wat nie op een of ander manier met foto's bedek kan word nie. Verskeie tegnieke word gebruik, waaronder verskillende oordragmetodes, decoupage, fotomontage en hars-deklae. Gebruik die idees om jou foto's in persoonlike geskenke te omskep deur alledaagse artikels daarmee te versier, of om treffende dekoritems vir jou huis te maak. Wanneer jy eers begin, sal jy dalk nie weer wil ophou nie! Die stap-vir-stap-illustrasies en aantreklike foto's van die voltooide projekte sal jou leer en inspireer. Gee dus jou skeppendheid vrye teuels en vul jou lewe met jou spesiale oomblikke.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Metz Press

Country of origin

South Africa

Release date

February 2014

Availability

Expected to ship within 5 - 10 working days

Authors

Dimensions

260 x 195 x 12mm (L x W x T)

Format

Paperback - With flaps

Pages

128

ISBN-13

978-1-920479-83-1

Barcode

9781920479831

Categories

LSN

1-920479-83-X



Trending On Loot