Die Klein Karoo se berugte reeksmoordenaar, Gert Bloubaard Swanepoel het in die 1800’s op die spogplaas Rietfontein in die Attaquas tussen Oudtshoorn en Calitzdorp geboer. Swanepoel se pa was ’n siener wat glo met ’n halwe helm gebore is. Hy het groot onheil gesien voor Gert se geboorte. Sy ma was ’n wrede, ongenaakbare en sadistiese mens wat plaaswerkers se kinders se mangels uitgeskep het met ’n rooiwarm teelepel, sonder enige verdowing.
Danie Gouws, akademikus van Stellenbosch, vertoef in die Klein Karoo om navorsing te doen oor kulturele gebruike en erfgoed. Waarin hy hom egter vasloop, is die spook van Gert Swanepoel: “Wat Danie Gouws nog nie weet nie, is dat Gert hom gister al sien aankom het toe hy in die pas oor die Gamka gery het.”
Want, in die woorde van die oplettende, diepsinnige petroljoggie Willem Marsman: “As jy klippers in dié deel van die wêreld omrol, dan hardloop daar sommer gou gevaarlike goete soos skerpioene oor die vlaktes of ’n romans wat jou jaag om in jou skaduwee te kom”.
Kan ’n mens oorlewering glo? Wie was Gert – voorslagboer, veedief, geweldenaar, moordenaar, minaar? Dit hang af met wie ’n mens gesels, want stories is plooibaar.
Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Imprint | Protea Boekwinkel / Protea Book House |
Country of origin | South Africa |
Release date | November 2022 |
Availability | Expected to ship within 4 - 8 working days |
Authors | Cas Wepener |
Dimensions | 214 x 137 x 22mm (L x W x T) |
Format | Paperback |
ISBN-13 | 978-1-4853-1402-8 |
Barcode | 9781485314028 |
Languages | value |
Categories | |
LSN | 1-4853-1402-X |